Dit is God se plan: Christus se dood; Bevryding uit my nood. Die kruishout getuig;
Sodat ek saam kan juig!
Oggenddiens
Hou moed!… en getuig van Christus se oorwinning.
’n Besonder kragtige stelling…. “Hou moed!” Min woorde… met ontsaglike diepte…
Wat is waarheid? Die Waarheid roep… verander… en stuur!
Na Paulus se inhegtenisname kry hy uiteindelik die geleentheid om sy verdediging te stel… en al wat hy doen, is om oor die Waarheid te getuig. Niks gekompliseerd nie… Geen blaam verskuiwing en selfgerigte verdediging om sy lewe te probeer red nie… slegs die Waarheid. En tog, vanweë die Waarheid word sy lewe gespaar.
AG, AS EK MAAR KAN SIEN
Uit Jerigo het Hy met sy dissipels en ‘n groot skare na Jerusalem gegaan. Soos die dissipels het ook die skare nie verstaan dat die Here gaan om te sterf nie. Hulle wou Hom koning maak. Die Here het hulle geleer om te glo en te dien, maar die insig het ontbreek.
Reg of weg…. Ek bly Christus se kneg!
In vandag se gedeelte sien ons hoe Paulus se opregte bedoeling as’t ware in sy gesig ontplof. Verdere vals beskuldigings word teen hom gemaak en hy word gearresteer.
Vry in Christus, en diensbaar in liefde.
Paulus is na sy derde sendingreis uiteindelik terug in Jerusalem. Soos die Heilige Gees hom telkens verseker het, sal vervolging en gevangenskap daar op hom wag. Maar dit kom op ’n manier wat mens nie verwag nie.
Die Here se sorg, opdrag en bedoeling vir sy volk, vir ons
Na die uittog uit Egipte minder as 3 maande gelede, het Israel vir elf maande by Sinai gebly.
Die Heilige Gees uit die hemel, wek lewe in die hart van sy gemeente
Ons is kerk van Jesus Christus en die Heilige Gees woon in ons. Maar hoe ervaar en beleef jy die Gees van die Here in jou geloofslewe? Is die Heilige Gees ‘n werklikheid vir jou – God in jou! Kan jy daarvan vertel?
DIE DAG VAN DIE PINKSTERFEES – GOD HEERS IN ONS!
Lukas, vol van die Heilige Gees, bring ons tuis by ‘n besondere fees – Pinksterfees.
Die wil van die Here sal geskied.
Hierdie verse in Handelinge 21 wys nie net Paulus se vasberadenheid nie, maar in besonder al die gelowiges se praktiese uitleef van die inhoud van die “Onse Vader” gebed.
God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.
In Paulus se afskeidsboodskap aan die ouderlinge van Efese is daar baie emosie betrokke. Hy verseker hulle dat hulle hom nie weer sal sien nie, en druk dit op hulle harte dat hulle verantwoordelik moet voortgaan met hulle bedieningsopdrag.
God voed ons geloof deur Woord en Sakrament.
Preekskets: In ons nabetragting op die viering van die Heilige Nagmaal verlede Sondag, sien ons hier in Handelinge 20...