God voed ons geloof deur Woord en Sakrament.

Preekskets:

In ons nabetragting op die viering van die Heilige Nagmaal verlede Sondag, sien ons hier in Handelinge 20 die gevolg van die Here se Hand in die bediening van die Woord en die Sakrament. Dit dien tot versterking van geloof. Natuurlik nie sonder “praktiese uitdagings” nie…

Op die eerste dag (die Sondag) het die gelowiges bymekaargekom om die bediening van die Woord en die Sakrament te ontvang. ’n Jong man met die naam Eutigus word egter vaak en val tot sy dood.

Hierdie moegheid van Eutigus kan natuurlik in die letterlike sin van die woord verstaan word, maar dit dra ook ’n dieper betekenis vir ons. Dit dui ook op geestelike “flouheid”.

Die uiteinde natuurlik… na afloop van hierdie gebeurtenis het hulle die seun lewend huis toe geneem en was hulle uitermate bemoedig. So gebruik die Here ook fisiese dinge soos die bediening van die Woord en die Sakrament, om ons deur sy Gees in ons geloof op te bou en te versterk (opnuut lewendig maak).

Video Opname:

Junie 1, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.