Hou moed!… en getuig van Christus se oorwinning.

Preekskets:

Die parallelle tussen Paulus en Christus se verhore is eenvoudig te duidelik om te ignoreer.

Jesus was geklap deur een van die tempelwagte… Paulus word in opdrag van die hoëpriester op die mond geslaan…

Jesus vat die hoëpriester aan oor die onskuldige aanranding…

Paulus doen dieselfde, en word tereggewys omdat hy met minagting met die hoëpriester praat. Hy erken sy fout en vra om verskoning omdat hy weet mens mag nie sleg praat van jou meerdere nie.

Jesus daarenteen, nadat dit onder sy aandag gebring word dat dit die hoëpriester is met wie Hy praat, stel sy saak sonder verskoning….. want Hy is die Meerdere, en daar is geen skuld of sonde in Hom nie.

Christus het geweet en verstaan wat die pad is wat vir Hom en sy volgelinge uitgelê is deur die Vader. In Johannes 16 verduidelik Hy dit vir sy dissipels, en troos hulle met hierdie enkele maar kragtige woorde: “In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin.

Hy troos Paulus in sy omstandighede met presies dieselfde woorde: “Hou moedWant net soos jy in Jerusalem oor My getuig het, so moet jy ook in Rome getuig.

’n Besonder kragtige stelling…. “Hou moed!

Min woorde… met ontsaglike diepte…

Video Opname:

Augustus 17, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.