Hou moed!… en getuig van Christus se oorwinning.

Preekskets:

Die parallelle tussen Paulus en Christus se verhore is eenvoudig te duidelik om te ignoreer.

Jesus was geklap deur een van die tempelwagte… Paulus word in opdrag van die hoëpriester op die mond geslaan…

Jesus vat die hoëpriester aan oor die onskuldige aanranding…

Paulus doen dieselfde, en word tereggewys omdat hy met minagting met die hoëpriester praat. Hy erken sy fout en vra om verskoning omdat hy weet mens mag nie sleg praat van jou meerdere nie.

Jesus daarenteen, nadat dit onder sy aandag gebring word dat dit die hoëpriester is met wie Hy praat, stel sy saak sonder verskoning….. want Hy is die Meerdere, en daar is geen skuld of sonde in Hom nie.

Christus het geweet en verstaan wat die pad is wat vir Hom en sy volgelinge uitgelê is deur die Vader. In Johannes 16 verduidelik Hy dit vir sy dissipels, en troos hulle met hierdie enkele maar kragtige woorde: “In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin.

Hy troos Paulus in sy omstandighede met presies dieselfde woorde: “Hou moedWant net soos jy in Jerusalem oor My getuig het, so moet jy ook in Rome getuig.

’n Besonder kragtige stelling…. “Hou moed!

Min woorde… met ontsaglike diepte…

Video Opname:

Augustus 17, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.