God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

Preekskets:

In Paulus se afskeidsboodskap aan die ouderlinge van Efese is daar baie emosie betrokke. Hy verseker hulle dat hulle hom nie weer sal sien nie, en druk dit op hulle harte dat hulle verantwoordelik moet voortgaan met hulle bedieningsopdrag.

Soos hy daarna streef om sy lewenstaak en bedieningsopdrag uit te voer, behoort hulle ook die roeping wat God deur sy Gees op hulle gelê het met verantwoordelikheid uit te voer. ’n Oproep op beide die “herders” sowel as die “kudde”!

28Pas julleself op, en ook die hele kudde oor wie die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om die gemeente van God, wat Hy deur sy eie bloed verwerf het, herderlik te versorg.

’n Opdrag…. maar nie sonder troos en versekering nie…

32En nou vertrou ek julle toe aan God en sy woord van genade, Hy wat die mag het om op te bou en aan julle onder almal wat geheilig is, ‘n erfenis te gee.

Al is dit ’n opdrag, is dit met die wete dat dit in die krag van God gedoen word. Dit is net God wat die mag het om die gemeente op te bou. Want dit is in die eerste plek nie die ouderlinge se kerk nie, maar God se Kerk. Daar is daarom net een manier hoe die ouderlinge hierdie opdrag kan aanpak: Deur God se Woord van genade.

Die gemeente se verantwoordelikheid lê in die besef dat ouderlinge met ’n mandaat vanaf God, maar ook verantwoordelikheid teenoor God hierdie opdrag moet uitvoer. Daarom roep hierdie gedeelte terselfdertyd die gemeente op tot samewerkende gehoorsaamheid.

Video Opname:

Junie 8, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.