DIE DAG VAN DIE PINKSTERFEES – GOD HEERS IN ONS!

Preekskets:

Lukas, vol van die Heilige Gees, bring ons tuis by ‘n besondere fees – Pinksterfees.

Dit was en is een van talle godsdienstige feeste wat steeds deur die Here se kerk gevier word. Wat ‘n fees is dit nie! Die hoogtepunt van ons Here Jesus Christus se werk. Hy het ruimte bewerk vir die Heilige Gees om in die harte van mense te kom.

Die kerk is die eerstelinge van die oes wat aan God gegee word. Dit moet ons aangryp om deur die Heilige Gees te lewe, onder sy invloed. Dit bring nie alleen sin in die lewe nie, ons roep ook daarmee dat die begin van die ewige fees sal aanbreek – die wederkoms van Jesus Christus en ons ewige vreugde, in heerlikheid saam met ons lewende God.

Video Opname:

Junie 22, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.