Wie is ons

JaartemaDiensgroepe

Ons Roeping

Die Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal wil uiteindelik die liggaam van Christus deur eenheid in geloof en in kennis van Christus tot volle wasdom groei, so volmaak en volwasse soos Christus.

“Ek leef en groei tot ‘n volwasse geloof in en deur Christus” – Efesiërs 4 : 13

Ons is die liggaam van Christus, met Jesus die Hoof

  • Die kern is die eenheid van die gemeente
  • Ons dien God en mekaar met ons genadegawes

Die genadegawes

  • Geestelike bediening (groei)
  • Ondersteuning (admin/bestuur)

Wat ons glo en bely

Jaartema 2024

 

Groei saam tot volwasse gemeente van Christus

Diensgroepe

Daar is verskeie groepe waar jy jou genadegawes kan benut tot eer van God en bediening van die gemeente of gemeenskap:

Diakonie

  • Hulpsorg
  • Siekesorg
  • Uitreik
  • Kinderhuis
  • Onderlinge Meelewing

Caritas

  • Kommunikasie
  • Ontwikkeling & Instandhouding
  • Kerkkantoor
  • Koster
  • Webtuiste
  • Fondsinsameling
  • Voetevind

Geestelike Bediening (GBK)

  • Mannebediening
  • Sustersaksie
  • Katkisasie
  • Liturgie
  • Ouderlinge Forum
  • Kleuterkatkisasie
  • Jeugbediening

Finansies

Ons Geskiedenis

Die Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal het in 1988 afgestig van die Gereformeerde Kerk Wierdapark, hoofsaaklik vanweë die snelle uitbreiding in die suid-weste van Centurion (destyds nog Verwoerburgstad), gedurende die vroeë tagtigerjare en veral die woonbuurtes Rooihuishuiskraal, The Reeds, Heuweloord en die aangrensende kleinhoewes. Met wysheid en insig is die behoefte aan ‘n eie gemeente vir dié gebiede reeds in die middel 1980’s geïdentifiseer en is ds. Willem Kotze (as proponent) reeds in 1986 as tweede predikant beroep na die Gereformeerde KerK Wierdapark, juis met die oog op afstigting van die Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal.

Op 6 Maart 1988 is amptelik oorgegaan na afstigting met ds. Kotze as die eerste Bedienaar van die Woord van die nuwe gemeente, saam met die dienende ouderlinge en diakens van dié woongebiede. Die nuwe gemeente het hoofsaaaklik uit jong gesinne bestaan en was die doop van verbondskinders elke Sondag eerder die reël as die uitsondering. Aanvanklik is eredienste in verskillende skoolsale gehou en lidmaatgetalle het vinnig toegeneem tot die derde grootste gemeente, naas die GK Centurion en GK Rietvallei in die Klassis Pretoria Suid-wes.

Die behoefte aan ‘n eie kerkgebou het nie agterweë gebly nie, en die projek is met biddende ywer aangepak. ‘n Aantal erwe is teen ‘n billike bedrag in Rooihuiskraal aangekoop en ‘n aantal deeltitel-simplekswoonstelle is op ‘n deel van die erwe opgerig en met die opbrengs daarvan is begin met die oprigting van ‘n doelmatige gebou op die oorblywende erwe, wat gebruik sou kon word vir meer as net eredienste. Daar is dan ook nie vaste kerkbanke nie maar los stoele en die kansel is so ontwerp dat dit na behoefte op die verhoog rondgeskuif kan word.

Die eerste gemeentebyeenkoms in dié nuwe gebou het op 30 November 2003 plaasgevind, 15 jaar na afstigting, met die amptelike ingebruikneming op 1 Februarie 2004. Op die granietsteen by die ingang van die gebou is aangehaal uit Haggai 2:4 “Skep moed sê die Here. Begin met die werk want Ek is by julle”. Met dankbaarheid is die dertigjarige herdenking van die gemeente in 2018 gevier, met as tema paslik uit Ps 127:1 “As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou tevergeefs.” Die gemeente is vervolgens bedien deur ds. Willem Kotze (1988 – 2020), ds. Dreyer Potgieter (2008 – 2016) en vanaf April 2021 deur ds. Riaan Andersen, bygestaan deur emeritus ds. Tinus Smidt se bediening.