Wat is waarheid? Die Waarheid roep… verander… en stuur!

Preekskets:

Na Paulus se inhegtenisname kry hy uiteindelik die geleentheid om sy verdediging te stel… en al wat hy doen, is om oor die Waarheid te getuig. Niks gekompliseerd nie… Geen blaam verskuiwing en selfgerigte verdediging om sy lewe te probeer red nie… slegs die Waarheid. En tog, vanweë die Waarheid word sy lewe gespaar.

Weereens sien ons so duidelik hoe ’n ware dissipel van Christus in die spore van sy Meester loop. In die spore van Waarheid! God spaar Paulus se lewe, want Hy het nog ’n plan met hom.

In ons wêreld het waarheid relatief en subjektief geword. Elkeen glo sy eie waarheid. Die waarheid is wat jy daarvan maak… Ek hoef nie jou waarheid te aanvaar nie, want my waarheid verskil van joune… en wie is jy om vir my te sê ek is verkeerd?

Maar, wat is Waarheid…?

Die werklike Waarheid… roepverander… en stuur…, want jy sal dit ken, wanneer jy dit sien en hoor!

Jy kies nie jou eie waarheid nie. Die “Waarheid”, kies jou!

So staan op, bekeer jou, en getuig van die Waarheid!

Video Opname:

Augustus 10, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.