Vry in Christus, en diensbaar in liefde.

Preekskets:

Paulus is na sy derde sendingreis uiteindelik terug in Jerusalem. Soos die Heilige Gees hom telkens verseker het, sal vervolging en gevangenskap daar op hom wag. Maar dit kom op ’n manier wat mens nie verwag nie.

Hy ontmoet daar vir Jakobus en die ouderlinge van die gemeente. Op hulle aanbeveling hernu hy sy gelofte en bring die reinigingshandelinge soos voorgeskryf deur die wet van Moses. Maar dit bring ’n hele kettingreaksie van gevolge….

Wat was Paulus se “fout”? Het hy homself weerspreek deur wettiese reinigingshandelinge te ondergaan… of het dit ’n ander doel gehad?

Deur dit alles sien ons God se soewereiniteit. Niks abnormaal gebeur nie. Eintlik gebeur alles presies soos die Here dit vooraf bepaal het. En tog moet ons raaksien wat die Here in hierdie gedeelte vir ons leer.

Deur alles bly Paulus op koers. Hy hou vas aan sy vryheid in Christus, maar ter wille van die eenheid van die kerk is hy ook diensbaar in liefde.

Of dit deur voorspoed of lyding gebeur, God se raadsplan gaan ongehinderd voort.

Video Opname:

Julie 20, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.