Die Heilige Gees uit die hemel, wek lewe in die hart van sy gemeente

Preekskets:

Ons is kerk van Jesus Christus en die Heilige Gees woon in ons. Maar hoe ervaar en beleef jy die Gees van die Here in jou geloofslewe? Is die Heilige Gees ‘n werklikheid vir jou – God in jou! Kan jy daarvan vertel?

Kom ons kyk na drie gedagtes uit ons teksvers:

  • Die oorsprong van die teken – duidelik uit die hemel en dus hemels!
  • Die onmiskenbaarheid van die teken – asem, wind, gees is vir ons die sleutel.
  • Die werking van die Heilige Gees in sy gemeente – sy werk in ons is verstommend en as ons dit verstaan, sit dit ons aan die praat. Ons praat oor die groot dade van God.

Video Opname:

Julie 6, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.