Preekskets:
In die vorige gedeelte het ons gesien hoe Paulus deelgeneem het aan die Joodse rituele reinigingshandelinge ter wille daarvan om vir die evangelie ’n oop deur te laat. Hy maak homself nie skuldig aan wetsonderhouding ter wille van regverdiging of as gevolg van vrees vir die Jode nie. Sy voorbeeld was ware Christus navolging.
Maar in vandag se gedeelte sien ons hoe Paulus se opregte bedoeling as’t ware in sy gesig ontplof. Verdere vals beskuldigings word teen hom gemaak en hy word gearresteer.
Paulus se handelinge is reg… maar die skare skreeu “WEG”!
Weereens is wat ons sien, ware Christus navolging.
Reg of weg…. Paulus bly Christus se kneg.
