AG, AS EK MAAR KAN SIEN

Preekskets:

Die agtergrond: Jesus is op pad na Jerusalem. Die kruis wag op Hom. Hy het ‘n derde keer dit duidelik aan sy dissipels gestel dat die mense Hom gaan doodmaak. Wie en wat is Jesus Christus vir hulle?

Uit Jerigo het Hy met sy dissipels en ‘n groot skare na Jerusalem gegaan. Soos die dissipels het ook die skare nie verstaan dat die Here gaan om te sterf nie. Hulle wou Hom koning maak. Die Here het hulle geleer om te glo en te dien, maar die insig het ontbreek.

Wie en wat is Jesus Christus vir jou, hoe sien jy Hom?

Buite Jerigo het ‘n blinde man, Bartimeus, gesit, ‘n bedelaar. As hy hoor dit is Jesus wat verbygaan, roep hy na Hom. Dit gaan nie soseer oor die feit dat hy roep nie, maar oor wat hy roep: “Seun van Dawid, Jesus, ontferm U oor my1” en “Seun van Dawid, ontferm U oor my!”

Wie en wat is Jesus Christus vir die blinde?

Jesus gaan staan, roep hom, hoor sy noodroep en genees hom liggaamlik en geestelik. Dit is die groot behoefte van elke gelowige – om deur die Here aangeraak te word om te kan sien – sy heerskappy sorg en ontferming vir ons. Dit moet lei tot “en hy het Hom op sy pad gevolg.”

Video Opname:

Augustus 3, 2025

n

Ander Preke:

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)