Privaatheidsbeleid

POPI BeleidPOPI Vorm

Wie is ons

Ons is die Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal. Ons webwerfadres is: https://gkrhk.org.za.

Kommentaar

Wanneer besoekers kommentaar op die webwerf lewer, versamel ons die data wat in die opmerkingsvorm gewys word, en ook die besoeker se IP-adres en blaaiergebruikersagentstring om strooiposopsporing te help.

‘n Anonieme string wat vanaf jou e-posadres geskep is (ook genoem ‘n hash) kan aan die Gravatar-diens verskaf word om te sien of jy dit gebruik. Die Gravatar-diens se privaatheidsbeleid is hier beskikbaar: https://automattic.com/privacy/. Na goedkeuring van jou opmerking, is jou profielfoto sigbaar vir die publiek in die konteks van jou opmerking.

Media

As jy beelde na die webwerf oplaai, moet jy vermy om beelde op te laai met ingebedde liggingdata (EXIF GPS) ingesluit. Besoekers aan die webwerf kan enige liggingdata van beelde op die webwerf aflaai en onttrek.

Koekies

As jy ‘n opmerking op ons webwerf laat, kan jy inteken om jou naam, e-posadres en webwerf in koekies te stoor. Hierdie is vir jou gerief sodat jy nie weer jou besonderhede hoef in te vul wanneer jy nog ‘n opmerking maak nie. Hierdie koekies sal vir een jaar hou.

As jy ons aanmeldbladsy besoek, sal ons ‘n tydelike koekie stel om te bepaal of jou blaaier koekies aanvaar. Hierdie koekie bevat geen persoonlike data nie en word weggegooi wanneer jy jou blaaier toemaak.

Wanneer jy aanmeld, sal ons ook verskeie webkoekies opstel om jou aanmeldinligting en jou skermvertoonkeuses te stoor. Aantekenkoekies hou vir twee dae, en skermopsiekoekies hou vir ‘n jaar. As jy “Onthou my” kies, sal jou aanmelding vir twee weke voortduur. As jy by jou rekening afmeld, sal die aanmeldkoekies verwyder word.

As jy ‘n artikel wysig of publiseer, sal ‘n bykomende koekie in jou blaaier gestoor word. Hierdie koekie sluit geen persoonlike data in nie en dui bloot die pos-ID aan van die artikel wat jy pas geredigeer het. Dit verval na 1 dag.

Ingebedde inhoud van ander webwerwe

Artikels op hierdie webwerf kan ingebedde inhoud insluit (bv. video’s, beelde, artikels, ens.). Ingebedde inhoud van ander webwerwe gedra op presies dieselfde manier asof die besoeker die ander webwerf besoek het.

Hierdie webwerwe kan data oor jou insamel, koekies gebruik, bykomende derdeparty-nasporing insluit, en jou interaksie met daardie ingebedde inhoud monitor, insluitend om jou interaksie met die ingebedde inhoud na te spoor as jy ‘n rekening het en by daardie webwerf aangemeld is.

Met wie ons jou data deel

As jy ‘n wagwoordterugstelling versoek, sal jou IP-adres by die terugstel-e-pos ingesluit word.

Hoe lank ons ​​jou data behou

As jy ‘n opmerking los, word die opmerking en sy metadata onbepaald behou. Dit is sodat ons enige opvolgopmerkings outomaties kan herken en goedkeur in plaas daarvan om dit in ‘n modereringstou te hou.

Vir gebruikers wat op ons webwerf registreer (indien enige), berg ons ook die persoonlike inligting wat hulle verskaf in hul gebruikersprofiel. Alle gebruikers kan enige tyd hul persoonlike inligting sien, wysig of uitvee (behalwe dat hulle nie hul gebruikersnaam kan verander nie). Webwerfadministrateurs kan ook daardie inligting sien en wysig.

Watter regte het jy oor jou data

As jy ‘n rekening op hierdie webwerf het, of opmerkings gelaat het, kan jy versoek om ‘n uitgevoerde lêer te ontvang van die persoonlike data wat ons oor jou hou, insluitend enige data wat jy aan ons verskaf het. Jy kan ook versoek dat ons enige persoonlike data wat ons oor jou het uitvee. Dit sluit nie enige data in wat ons vir administratiewe, wetlike of sekuriteitsdoeleindes verplig is om te hou nie.

Waarheen ons jou data stuur

Besoekers se opmerkings kan deur ‘n outomatiese strooiposbespeuringsdiens nagegaan word.

POPI Beleid

POPI VormKontak Ons

POPI wet in ‘n neutedop

POPIwet (Protection of Private Information Act) ook bekend as die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting is reeds in 2013 deur die regering gepromulgeer en finaal op 22 Junie 2020 goedgekeur. Hierdie nuwe wetgewing word op 1 Julie 2021 van krag en alle instansies (Kerke ingesluit) wat data en inligting inwin en stoor moet dan aan die vereistes van die nuwe wet voldoen.

Wat is die doel van die wet?

Die doel van die POPIwet is om jou te beskerm deur te verhoed dat jou persoonlike inligting in verkeerde hande beland. Kortliks kom dit daarop neer dat ʼn verantwoordelike party die integriteit en vertroulikheid van persoonlike inligting in sy besit of onder sy beheer moet verseker deur toepaslike en organisatoriese maatreëls daar te stel. Die wetgewing is van toepassing op almal wat enige tipe rekords verwerk wat persoonlike inligting van persone bevat. Dit stel dus minumum standaarde vir die beskerming van persoonlike inligting. Verwerking behels die insameling, ontvangs, optekening, organisering, herwinning of die gebruik van sodanige inligting. Verder sluit dit ook die verspreiding en beskikbaarstelling van sodanige inligting in.

Wat word as persoonlike inligting beskou?

Ingevolge die POPIwet is dit data wat gebruik kan word om jou identiteit vas te stel. Dit sluit in, maar is nie beperk nie tot, ras, geslag, huwelikstatus, nasionaliteit, ouderdom, godsdiens, taal, opvoedkundige, mediese, finansiële, identiteitsnommer, eposadres, woonadres, bankbesonderhede en telefoonnommers in. (Nie al die bogenoemde inligting oor lidmate is nodig in kerkverband nie en is slegs ter verduideliking gelys)

Hoe beïnvloed POPIwetgewing besighede en instansies?

Die wet verplig alle besighede en/of instansies om persoonlike inligting van kliënte, lede en werknemers te beskerm. Dit is dus van toepassing op almal wat persoonlike inligting verwerk en wat groot hoeveelhede persoonlike inligting hanteer.

Veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat die kerk tref t.o.v. data

Die volgende 6 aspekte m.b.t. tot lidmate se data sal streng nagekom word:

  • Berging Al die verskillende bergingsmetodes van data moet bepaal en beheer word.
  • Beveiliging Bergingsmetodes moet onderskeidelik met Fisiese en Elektroniese Sekuriteit beveilig word met beperkte en beheerde toegang.
  • Retensie Die wet vereis dat data van datasubjekte (lidmate) nie langer gestoor mag word as wat die oorspronklike oogmerk waarvoor dit ingesamel was nie.
  • Vernietiging Die aangewysde verantwoordelike persone van die gemeente, moet aandag gee aan die vernietiging van elektroniese data sowel as inligting wat op harde kopieë voorkom en ‘n data vernietigingsbeleid opstel en implementeer.
  • Bewusmaking van personeel Alle personeel en gevolmagtigdes wat met die data gaan werk moet gereeld heropgelei word in die vereistes van die wetgewing.
  • Oudits Gereelde oudits sal gedoen word om vas te stel of die administrasie van data gedoen word in lyn is met die wetlike vereistes, die POPI Beleid asook die POPI Prosedure handleiding van GK Rooihuiskraal.

Wat benodig ons van lidmate om aan wetgewing te voldoen?

Ons benodig u toestemming dat GK Rooihuiskraal u inligting mag stoor op hul databasis vir solank die gemeente of die GKSA Admin Buro (bv. Statistiek en Almanak) die inligting mag benodig. Verder dat u basiese inligting en foto’s, gebruik mag word op Wykslyste, Meelewing Blaadjies, Afkondigings, Gemeente Webtuiste en Gemeente Sosiale Media Platforms. Laastens benodig ons u toestemming dat u selnommer en epos adres gebruik mag word vir gemeente
kommunikasie en WhatsApp groepies binne kerkverband.

Belangrik: Ons glo dat u sekerlik reeds weet dat die Kerkkantoor en ampsdraers in elk geval alle persoonlike data van ons lidmate nog altyd met groot omsigtigheid en verantwoordelikheid gebruik het. Dit sal steeds op dieselfde wyse hanteer word en daar sal selfs meer wigte en teenwigte nou van toepassing wees om te verseker dat u inligting verantwoordelik hanteer word.