Die wil van die Here sal geskied.

Preekskets:

Hierdie verse in Handelinge 21 wys nie net Paulus se vasberadenheid nie, maar in besonder al die gelowiges se praktiese uitleef van die inhoud van die “Onse Vader” gebed.

Om te bid: “Laat u wil geskied”, is meer as berusting by die wil van God. Dit is aktiewe onderwerping aan die wil van God.

Toe Paulus se vriende en medegelowiges probeer het om hom te oorreed om nie na Jerusalem te gaan nie, maar gesien het dat hy oortuig is om te gaan, het hulle nie gesê “ja gaan, maar weet ons stem nie saam nie…” Hulle het hom as’t ware vergesel met die seën van die Here. Hulle het gesê: “Laat die wil van die Here geskied.”

Met ander woorde: Hulle het nie “opgegee” nie, maar hulleself “oorgegee” aan die wil van God, selfs al het hulle geweet wat dit beteken.

Video Opname:

Junie 15, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.