Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?
Romeine Preekreeks
God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.
Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.
In Christus verlos God sy kinders van veroordeling en gee hulle nuwe lewe deur die Heilige Gees.
Romeine 8 begin met die evangelie: “Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie.” Dit is God wat deur Christus gedoen het, wat ons nie kon doen nie. Daarom staan ons vrede met God nie op ons eie gehoorsaamheid nie, maar op Christus.
God leer sy kinders om hulle eie onvermoë te erken en hulle verlossing in Jesus Christus alleen te soek.
In Romeine 7:14 – 25 beskryf Paulus die werklikheid van die gelowige se voortdurende stryd met sonde. Hy sê: “Die goeie wat ek wil, doen ek nie; maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.” Tog is dit juis hierdie gedeelte wat wys dat die gelowige se verhouding tot sonde verander het. Paulus sê dat hy die kwaad haat, dat hy hom in sy diepste wese oor God se wet verbly en dat hy verlang om die goeie te doen. Die sonde is nog in hom teenwoordig, maar dit is nie meer sy koning nie.
God openbaar sy heiligheid deur sy heilige wet, wat die sonde in sy ware afskuwelikheid ontmasker.
In die afgelope weke het ons gesien hoe God sy kinders met Homself versoen, hulle met Christus verenig en hulle uit die slawerny van die sonde bevry om Hom te dien. Nou antwoord Paulus ’n nuwe vraag: As gelowiges nie meer onder die wet is nie, beteken dit dat die wet die probleem is?
God bevry sy kinders uit die slawerny van die sonde om Hom te dien.
Ons leef in ‘n wêreld waar mense vryheid dikwels verstaan as die reg om self te besluit hoe hulle wil leef. Paulus wys egter dat daar nie so iets soos volkome onafhanklikheid bestaan nie. Elke mens dien ‘n heer. Die vraag is nie óf ons iemand dien nie, maar wie ons dien.
God verenig sy kinders met Christus tot ‘n nuwe lewe
As God se genade groter is as ons sonde, beteken dit ons kan maar aanhou sondig? Paulus antwoord met sy sterkste moontlike ontkenning: “Hoegenaamd nie!” Die rede is nie eerstens omdat sonde verkeerd is nie, maar omdat God iets ingrypend met elke gelowige gedoen het.
God laat sy genade oor sonde triomfeer
Skrifgedeelte: Skrifgedeelte: Romeine 5: 12 – 21 (2020)Fokusverse: Romeine 5: 20 en 21 Liturgie:...
God bring vrede waar daar vyandskap was.
In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.
God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.
Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.
God regverdig die goddelose deur geloof alleen.
Hoe kan ’n sondige mens reg voor ’n heilige God staan? Dit is die groot vraag waarmee Paulus in Romeine 4 worstel. Nadat hy in Romeine 1 tot 3 bewys het dat alle mense skuldig voor God staan, wys hy nou hoe God sondaars regverdig. Om sy saak te bewys, roep Paulus twee van die grootste figure uit die Ou Testament as getuies op: Abraham en Dawid.
God openbaar sy geregtigheid in Christus, deur sondaars op grond van geloof alleen regverdig te verklaar.
Romeine 3 bring Paulus se “groot aanklag” teen die mensdom tot ’n hoogtepunt, maar verkondig ook die heerlike antwoord van die evangelie. Die wet openbaar dat die hele wêreld skuldig staan voor God en dat niemand deur eie gehoorsaamheid geregverdig kan word nie. “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.”