Skrifgedeelte:
Genesis 15: 1 – 6 en Romeine 4: 1 – 12 (2020)
Fokusverse: Romeine 4: 5
Kategismus: Sondag 7: V&A 20 en 21
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 105-1-1: 1, 2 en 5; Geloofsbelydenis (12 Artikels); Sing: SB: 12-3: 1 en 2;
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 en Psalm 32: 1-7 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 130-1: 1 en 2 (Derde Melodie);
Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 33-1: 1 en 2 (Tweede Melodie); Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)
Preekskets:
Hoe kan ’n sondige mens reg voor ’n heilige God staan? Dit is die groot vraag waarmee Paulus in Romeine 4 worstel. Nadat hy in Romeine 1 tot 3 bewys het dat alle mense skuldig voor God staan, wys hy nou hoe God sondaars regverdig. Om sy saak te bewys, roep Paulus twee van die grootste figure uit die Ou Testament as getuies op: Abraham en Dawid.
Abraham is nie deur sy werke geregverdig nie, maar deur geloof. God het sy geloof vir hom as geregtigheid toegereken. Dawid bevestig dieselfde waarheid wanneer hy die mens geseënd noem wie se sondes vergewe en nie toegereken word nie. Die evangelie is daarom nie dat God goeie mense beloon nie, maar dat Hy goddelose sondaars uit genade regverdig op grond van Christus se volmaakte werk.
Hierdie gedeelte herinner ons daaraan dat ons verlossing nie rus op ons prestasies, gehoorsaamheid of geestelike verdienste nie, maar op God se genadige belofte in Christus alleen. Die vraag wat elkeen moet beantwoord is: Waarop vertrou ek vir my aanvaarding by God? Romeine 4 wys ons op die enigste antwoord: geloof in Jesus Christus alleen.
