Skrifgedeelte:
Romeine 3: 1–31 (2020)
Fokusverse: Romeine 3: 21-26
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 188: 1, 2 en 3; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 100-1-1: 1, 2, 3 en 4; Geloofsbelydenis (12 Artikels);
Verootmoedig en versoeningsdiens
Nagmaalsformulier – Instelling en Selfondersoek; Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 130-1: 1, 2 en 4 (Derde Melodie);
Woorddiens
Gebed; Skriflesing; Prediking; Nagmaalsformulier – Gedagtenis; Voorbereidingslied: Psalm 23-1: 1 en 3; Nagmaalbediening; Dankgebed; Loflied: SB. 17-3: 1 en 2;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 32-1: 1, 4 en 6 (Let op! vers 6 is net die 2de helfte van die melodie); Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)
Preekskets:
Romeine 3 bring Paulus se “groot aanklag” teen die mensdom tot ’n hoogtepunt, maar verkondig ook die heerlike antwoord van die evangelie. Die wet openbaar dat die hele wêreld skuldig staan voor God en dat niemand deur eie gehoorsaamheid geregverdig kan word nie. “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.”
Maar dan breek die lig van die evangelie deur: “Maar nou…” God openbaar sy geregtigheid in Jesus Christus. Deur Christus se kruisdood en bloedstorting word sondaars “goedgunstig op grond van sy genade vrygespreek”. Christus het as die ware versoeningsoffer die straf gedra wat ons verdien.
Nagmaal herinner ons juis hieraan. Die brood en wyn verkondig sigbaar dat ons redding nie rus op ons werke of waardigheid nie, maar op Christus alleen. Aan sy tafel kom ons nie as mense wat hulleself kan red nie, maar as sondaars wat rus in sy volmaakte offer.
Daarom sluit die evangelie alle menslike roem uit en rig dit al ons hoop op Christus alleen – die Een wat regverdig is én sondaars regverdig verklaar deur die geloof.
