God bring vrede waar daar vyandskap was.

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 5: 1 – 11 (2020)
Fokusverse: Romeine 5: 8, 9 en 10

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 98: 1 en 2; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 33-1: 1 en 6 (Tweede Melodie); Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 38-1: 1 en 17 (Tweede Melodie van 2001 -omdigting);

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: LB. 190: 1, 2 en 3; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Hoe weet ’n gelowige dat God hom werklik aanvaar het? Hoe kan ons met sekerheid leef wanneer ons nog worstel met sonde, swaarkry en twyfel?

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

Hierdie vrede beteken egter nie dat die Christen sonder beproewings leef nie. Inteendeel, God gebruik selfs verdrukking om sy kinders te vorm, hulle geloof te versterk en hulle hoop te verdiep. Die Heilige Gees, wat in ons harte uitgestort is, verseker ons intussen van God se liefde.

Die diepste troos van hierdie gedeelte lê in die kruis van Christus. God het nie gewag totdat ons Hom begin soek of verdien het nie. Toe ons nog sondaars en vyande was, het Christus vir ons gesterf. Daarom rus ons sekerheid nie op die krag van ons geloof nie, maar op die onwrikbare liefde van God wat in Christus geopenbaar is.

Lees hierdie week Romeine 5:1-11 en vra vir jouself: Wat openbaar God in hierdie gedeelte oor Homself, en hoe verander dit my verhouding met Hom?

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.