God openbaar sy heiligheid deur sy heilige wet, wat die sonde in sy ware afskuwelikheid ontmasker.

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 7: 1 – 13 (2020)
Fokusverse: Romeine 7: 12 en 13

Liturgie:

Vooraf
Selfstandige Skriflesing: Jeremia 31: 31 – 34 (2020)

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 19-1: 1, en 4; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 111-1: 1, 2 en 5; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: HK So.44 V&A 113, 114 en 115; Verootmoedigingslied: Psalm 32-1: 1 en 3;

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 103-1: 1, 3 en 9; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

In die afgelope weke het ons gesien hoe God sy kinders met Homself versoen, hulle met Christus verenig en hulle uit die slawerny van die sonde bevry om Hom te dien. Nou antwoord Paulus ’n nuwe vraag: As gelowiges nie meer onder die wet is nie, beteken dit dat die wet die probleem is?

Sy antwoord is duidelik: Hoegenaamd nie!

Die wet is heilig, regverdig en goed. Dit is nie God se wet wat die mens vernietig nie, maar die sonde wat selfs God se goeie wet misbruik. Juis daarom openbaar die wet die ware aard van ons sonde en leer dit ons hoekom ons Christus waarlik nodig het.

Lees hierdie week Romeine 7:1–13 en let op hoe Paulus die wet verdedig, maar die sonde ontmasker. Vra jouself af: Is ek geneig om my sonde te verskoon of die blaam te verskuif, of laat ek God se Woord my hart eerlik ondersoek? Dank die Here dat Hy nie net ons sonde openbaar nie, maar ons ook aan Christus verbind, sodat ons vir Hom vrug kan dra.

Video Opname:

Ander Preke:

God red elkeen wat Christus in geloof aanroep.

God red elkeen wat Christus in geloof aanroep.

Hierdie week beweeg Paulus verder. In Romeine 10:5-21 verduidelik hy hoe ’n mens God se geregtigheid ontvang: nie deur op jou eie prestasies te vertrou nie, maar deur met jou hart in Christus te glo, Hom as Here te bely en sy Naam aan te roep.

EK IS DIE DEUR TOT BEWARING EN REDDING

EK IS DIE DEUR TOT BEWARING EN REDDING

Hoe kosbaar is verhoudinge as dit lewend en kragtig is! Met hierdie tweede “EK IS” uitspraak leer ons die Here ken as die Enigste wat waarlik, die deur vir sy kudde is. Deur Hom gaan die kudde in, om Hom as die beloofde Messias, die Christus te ontmoet.