In Christus verlos God sy kinders van veroordeling en gee hulle nuwe lewe deur die Heilige Gees.

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 8: 1 – 17 (2020)
Fokusverse: Romeine 8: 1

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 27-3: 1 en 4 (Spies); Votum; Groetseën; Loflied: LB. 200: 1, en 3; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 119-1: 38, 39 en 40 (Tweede Melodie); Nagmaalsformulier – Instelling en Selfondersoek;

Woorddiens
Gebed – Gemeente sing: SB. 10-2;Skriflesing; Prediking;Nagmaalsformulier – Gedagtenis; Voorbereidingslied: SB. 17-3: 1 en 2; Nagmaalbediening; Dankgebed; Loflied: Psalm 103-1: 1 en 2;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 146-1: 1, 2, 3 en 8 ; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Romeine 8 begin met die evangelie: “Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie.” Dit is God wat deur Christus gedoen het, wat ons nie kon doen nie. Daarom staan ons vrede met God nie op ons eie gehoorsaamheid nie, maar op Christus.

Maar God laat sy kinders ook nie onveranderd nie. Sy Gees woon in hulle en gee hulle nuwe lewe. Daarom word ons geroep om nie volgens die sondige aard te leef nie, maar om deur die Gees die praktyke van die liggaam dood te maak.

En die Gees doen meer as om ons bloot te help om beter te leef: Hy bevestig dat ons kinders van God is. Ons hoef dus nie as slawe in vrees te leef nie. Ons roep: “Abba, Vader!” En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename saam met Christus.

Dit is die troos waarmee ons vandag na die Nagmaal kom: geen veroordeling in Christus, nuwe lewe deur die Gees en die sekerheid dat ons aan God behoort.

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.