God verenig sy kinders met Christus tot ‘n nuwe lewe

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 6: 1 – 14 (2020)
Fokusverse: Romeine 6: 10 en 11

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 184: 1, 2 en 4; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 149-1: 1 en 2 (Eerste Melodie); Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 119-1: 9 en 10 (Eerste Melodie);

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 66-1: 1 en 7; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

As God se genade groter is as ons sonde, beteken dit ons kan maar aanhou sondig? Paulus antwoord met sy sterkste moontlike ontkenning: “Hoegenaamd nie!” Die rede is nie eerstens omdat sonde verkeerd is nie, maar omdat God iets ingrypend met elke gelowige gedoen het.

Deur die geloof het God ons met Jesus Christus verenig. Daarom het ons saam met Christus gesterf, is ons saam met Hom begrawe en het ons saam met Hom opgestaan tot ‘n nuwe lewe. Die evangelie verander dus nie bloot ons bestemming nie; dit verander ons identiteit. Ons leef nie om nuut te word nie, maar omdat God ons in Christus nuut gemaak het.

Hierdie nuwe lewe beteken nie die stryd teen sonde is verby nie. Dit beteken wel dat die sonde nie meer oor die gelowige hoef te heers nie. Omdat ons aan Christus behoort, mag ons onsself beskou as dood vir die sonde, maar lewend vir God.

Lees hierdie week Romeine 6:1 – 14 en vra jouself af: Wat openbaar God in hierdie gedeelte oor Homself, en hoe verander dit my verstaan van my eenheid met Christus?

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.