God bevry sy kinders uit die slawerny van die sonde om Hom te dien.

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 6: 12 – 23 (2020)
Fokusverse: Romeine 6: 17, 18 en 22

Liturgie:

Vooraf
Selfstandige Skriflesing: Josua 24: 14 – 24 (2020)

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 100-1: 1, 2 en 3; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 145-1: 1 en 5; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 25-2: 2 en 6;

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 134-1: 1 en 2; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Ons leef in ‘n wêreld waar mense vryheid dikwels verstaan as die reg om self te besluit hoe hulle wil leef. Paulus wys egter dat daar nie so iets soos volkome onafhanklikheid bestaan nie. Elke mens dien ‘n  heer. Die vraag is nie óf ons iemand dien nie, maar wie ons dien.

In Romeine 6 herinner Paulus ons daaraan dat God nie net ons sondes vergewe het nie. Hy het ons uit die slawerny van die sonde bevry en ons aan Homself verbind. Daarom behoort ons nie meer aan die sonde nie, maar aan Christus. Hierdie nuwe verhouding bring ook ‘n nuwe lewe voort. Waar die sonde uiteindelik die dood oplewer, laat God in sy kinders die vrug van heiligmaking groei, met die ewige lewe as heerlike eindbestemming.

Lees hierdie week Romeine 6:12–23 en let op hoe dikwels Paulus praat van slawerny, gehoorsaamheid, vrug en die uiteinde van elke lewenspad. Vra jouself af: Wie is werklik die Here van my lewe? En dank God dat Hy deur sy genade sy kinders nie net vergewe nie, maar hulle ook bevry om met vreugde aan Hom te behoort.

Video Opname:

Ander Preke:

God red elkeen wat Christus in geloof aanroep.

God red elkeen wat Christus in geloof aanroep.

Hierdie week beweeg Paulus verder. In Romeine 10:5-21 verduidelik hy hoe ’n mens God se geregtigheid ontvang: nie deur op jou eie prestasies te vertrou nie, maar deur met jou hart in Christus te glo, Hom as Here te bely en sy Naam aan te roep.

EK IS DIE DEUR TOT BEWARING EN REDDING

EK IS DIE DEUR TOT BEWARING EN REDDING

Hoe kosbaar is verhoudinge as dit lewend en kragtig is! Met hierdie tweede “EK IS” uitspraak leer ons die Here ken as die Enigste wat waarlik, die deur vir sy kudde is. Deur Hom gaan die kudde in, om Hom as die beloofde Messias, die Christus te ontmoet.