God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 8: 18 – 39 (2020)
Fokusverse: Romeine 8: 28

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 84-1: 1 en 2; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 147-1: 1, 2 en 3 (Tweede Melodie); Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 131-1: 1, 2 en 3 (Ps.134 se Melodie);

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 147-1: 4, 5 en 7 (Tweede Melodie); Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood. Romeine 8 wys vir ons dat hierdie dinge nie beteken dat God sy kinders verlaat het nie. Ons wag nog op die heerlikheid wat Hy belowe het. Intussen help die Heilige Gees ons in ons swakheid, en God werk volgens sy vaste plan met sy kinders om ons aan die beeld van sy Seun gelykvormig te maak. Daarom kan ons met hoop volhard, want Christus tree vir ons in, en niks in die hele skepping kan ons van die liefde van God in Christus Jesus skei nie.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Video Opname:

September 6, 2026

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?