God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 4: 13 – 25 (2020)
Fokusverse: Romeine 4: 21 en 22

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: LB. 159: 1 en 2; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 146-1: 1, 3 en 5; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: SB. 10-2;

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 89-1: 1 en 6; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.

Hierdie gedeelte leer ons dat die krag van geloof nie in die gelowige lê nie, maar in die God in Wie ons glo. Die Here openbaar Homself as die God wat dinge wat nie bestaan nie tot bestaan roep, wat lewe uit die dood bring, en wat nooit sy verbondsbeloftes laat vaar nie. Die grootste bewys daarvan is die opstanding van Jesus Christus. So seker as wat God sy Seun uit die dood opgewek het, so seker sal Hy elke belofte aan sy kinders vervul.

Ons geloof rus daarom nie op ons eie vermoë om vas te hou nie, maar op God se onveranderlike trou. Hy doen wat Hy beloof.

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.