God laat sy genade oor sonde triomfeer

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Romeine 5: 12 – 21 (2020)
Fokusverse: Romeine 5: 20 en 21

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 95: 1; Votum; Groetseën; Loflied: Lied 334: 1, 2, 3 en 4; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 25-1: 1 en 2;

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 118-1: 7, 8 en 14; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Waarom is die wêreld vol sonde, lyding en dood? Paulus neem ons terug na die begin van die mensdom en wys dat die sonde deur een mens, Adam, die wêreld binnegekom het. As gevolg daarvan leef die hele mensdom onder die heerskappy van sonde en dood.

Maar Romeine 5 eindig nie by Adam nie. Die fokus verskuif na Jesus Christus, die laaste Adam. Waar Adam ongehoorsaam was, was Christus volkome gehoorsaam. Waar Adam veroordeling gebring het, bring Christus regverdiging. Waar die sonde geheers het, laat God sy genade nog soveel oorvloediger heers.

Die evangelie is daarom nie bloot dat God die skade van die sonde herstel nie. In Christus begin Hy ‘n nuwe mensdom wat deur genade regeer word en die ewige lewe ontvang. Ons hoop rus dus nie op onsself nie, maar op Jesus Christus, die Verbondshoof wat sy volk volkome verlos het.

Lees hierdie week Romeine 5:12 – 21 en vra jouself af: Wat openbaar God in hierdie gedeelte oor Homself, en hoe verander dit my verstaan van sonde, genade, God se verbondsliefde en Jesus Christus?

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.