Skrifgedeelte:
Skrifgedeelte: Romeine 5: 12 – 21 (2020)
Fokusverse: Romeine 5: 20 en 21
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 95: 1; Votum; Groetseën; Loflied: Lied 334: 1, 2, 3 en 4; Geloofsbelydenis (12 Artikels);
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 25-1: 1 en 2;
Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 118-1: 7, 8 en 14; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)
Preekskets:
Waarom is die wêreld vol sonde, lyding en dood? Paulus neem ons terug na die begin van die mensdom en wys dat die sonde deur een mens, Adam, die wêreld binnegekom het. As gevolg daarvan leef die hele mensdom onder die heerskappy van sonde en dood.
Maar Romeine 5 eindig nie by Adam nie. Die fokus verskuif na Jesus Christus, die laaste Adam. Waar Adam ongehoorsaam was, was Christus volkome gehoorsaam. Waar Adam veroordeling gebring het, bring Christus regverdiging. Waar die sonde geheers het, laat God sy genade nog soveel oorvloediger heers.
Die evangelie is daarom nie bloot dat God die skade van die sonde herstel nie. In Christus begin Hy ‘n nuwe mensdom wat deur genade regeer word en die ewige lewe ontvang. Ons hoop rus dus nie op onsself nie, maar op Jesus Christus, die Verbondshoof wat sy volk volkome verlos het.
Lees hierdie week Romeine 5:12 – 21 en vra jouself af: Wat openbaar God in hierdie gedeelte oor Homself, en hoe verander dit my verstaan van sonde, genade, God se verbondsliefde en Jesus Christus?
