In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.
Oggenddiens
Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.
Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)
JESUS CHRISTUS WERK IN SY KERK EN HARTE VAN MENSE – NIE OM TE ONTSNAP NIE, WEL OM TE DIEN
Die boek Handelinge word in die Bybel aangedui as “Die Handelinge van die apostels”. In werklikheid verduidelik Lukas dat hy nou ‘n vervolg skryf op die evangelie. Hy wil vertel wat die Here Jesus sedert sy hemelvaart gedoen het. Dit gaan dus ten diepste oor die handelinge van Jesus Christus ondermeer deur sy apostels.
Van Doop tot Belydenis – God se genadeplan van geloofsvorming, deur sy Woord en Gees.
God se “pad” van genade begin nie by ons keuse nie, maar by sy belofte. Wanneer ’n kind gedoop word, sê God self: “Ek is jou God, en jy behoort aan My” (Hand. 2:39). Die doop is dus die begin van ’n geloofsreis — ’n sigbare teken dat die Here sy verbond van genade ook met ons kinders oprig.
By die HERE skuil ek
Krisistye, lewensbedreigende tye – Dawid soek leiding by sy raadgewers. Die advies: “Vlug na die berge toe.” Dawid stel egter onomwonde: “Ek skuil by die HERE …”
Christus se heerlikheid vul dissipels se leemte met geloof.
Uit Johannes 1 het ons gesien hoe dissipelskap van Christus wel behels om sy volgeling te wees, maar in besonder ook om vir ander te sê: “Kyk, daar is die Lam van God.” Dit is sodat hulle wat na Hom toe kom, deur Homself aangeraak kan word om sy volgelinge te word.
Christus roep, ken en gebruik sy ampsdraers.
By ’n bevestigingsdiens kyk ons nie na mense se bekwaamheid nie, maar na Christus wat roep en toerus. Johannes 1:43–51 wys hoe Jesus dissipels roep – en dit leer ons ’n paar beginsels vir die bediening van ouderlinge en diakens.
Kyk, die Lam van God! – Hy roep ons en ons kinders tot dissipelskap.
In hierdie gedeelte uit die evangelie van Johannes, sien ons die evangelis se eerste getuienis oor Jesus se bediening. Johannes die Doper wys twee keer na Jesus en sê: “Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.”
God se plan en sy evangelie is onstuitbaar, en gaan ongehinderd voort.
So bereik ons in hierdie laaste twee hoofstukke die slot van Handelinge. Daar is soveel wat gebeur, en soveel afsonderlike aspekte om op te fokus. ʼn Storm… Skipbreuk… gestrand op ʼn eiland… ʼn slangbyt…
SIEN JY, VERSTAAN JY DIE HERE SE BESKIKKING?
‘n Volk in ellende – die ellende van ballingskap. Ballingskap was vir hulle die onbegryplike werklikheid. Hoe kon God dit toelaat – uit jou vaderland in die vreemde en agter jou die puin van ‘n verwoeste stad en tempel? Waar is God?
Nie “amper” nie, maar volkome! Christus roep ons tot geloof en ’n nuwe gehoorsaamheid.
Koning Agrippa hoor die Evangelie wat Paulus verkondig en sê: “Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou ’n Christen maak.” Daardeur sê hy as’t ware… “Amper kry jy dit reg Paulus…”.
’n Skoon gewete voor God, geanker in die hoop van die opstanding.
Te midde van vals beskuldigings en dreigende (wêreldse) oordeel, bely Paulus sy hoop op die opstanding.