Van Doop tot Belydenis – God se genadeplan van geloofsvorming, deur sy Woord en Gees.

Preekskets:

God se “pad” van genade begin nie by ons keuse nie, maar by sy belofte. Wanneer ’n kind gedoop word, sê God self: “Ek is jou God, en jy behoort aan My” (Hand. 2:39). Die doop is dus die begin van ’n geloofsreis — ’n sigbare teken dat die Here sy verbond van genade ook met ons kinders oprig.

Maar die Here laat dit nie daar nie: Hy vorm geloof deur sy Woord en Gees (2 Tim. 3:15). Soos Timoteus van kleins af die Skrif leer ken het, gebruik God ouers, huisgeloof en die gemeente om kinders tot geloof te lei. Die Hervorming het juis hierdie waarheid herstel — dat die Woord en die Gees die bron van geloof is, en nie menslike tradisies nie.

Wanneer ’n jongmens dan belydenis van geloof aflê, is dit die vervulling van God se verbondsbelofte dat hy die geloof in hulle harte sal laat groei: die ouers se belofte wat by die doop gemaak was, word nou met die mond en hart van die jongmense beaam. God is getrou! Sy beloftes geld ook vir my!

Van doop tot belydenis — dis God se genadeplan van geloofsvorming, deur sy Woord en Gees.

Juis hiervan oortuig, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van Christus Jesus.” (Fil. 1:6)

Video Opname:

Oktober 26, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.