Van Doop tot Belydenis – God se genadeplan van geloofsvorming, deur sy Woord en Gees.

Preekskets:

God se “pad” van genade begin nie by ons keuse nie, maar by sy belofte. Wanneer ’n kind gedoop word, sê God self: “Ek is jou God, en jy behoort aan My” (Hand. 2:39). Die doop is dus die begin van ’n geloofsreis — ’n sigbare teken dat die Here sy verbond van genade ook met ons kinders oprig.

Maar die Here laat dit nie daar nie: Hy vorm geloof deur sy Woord en Gees (2 Tim. 3:15). Soos Timoteus van kleins af die Skrif leer ken het, gebruik God ouers, huisgeloof en die gemeente om kinders tot geloof te lei. Die Hervorming het juis hierdie waarheid herstel — dat die Woord en die Gees die bron van geloof is, en nie menslike tradisies nie.

Wanneer ’n jongmens dan belydenis van geloof aflê, is dit die vervulling van God se verbondsbelofte dat hy die geloof in hulle harte sal laat groei: die ouers se belofte wat by die doop gemaak was, word nou met die mond en hart van die jongmense beaam. God is getrou! Sy beloftes geld ook vir my!

Van doop tot belydenis — dis God se genadeplan van geloofsvorming, deur sy Woord en Gees.

Juis hiervan oortuig, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van Christus Jesus.” (Fil. 1:6)

Video Opname:

Oktober 26, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.