SIEN JY, VERSTAAN JY DIE HERE SE BESKIKKING?

Preekskets:

‘n Volk in ellende – die ellende van ballingskap. Ballingskap was vir hulle die onbegryplike werklikheid. Hoe kon God dit toelaat – uit jou vaderland in die vreemde en agter jou die puin van ‘n verwoeste stad en tempel? Waar is God?

God is by hulle, selfs in die ballingskap. Hy herinner hulle aan sy trou in sy verbond en maak vir hulle die nuwe tydperk bekend van terugkeer na hulle vaderland. Glo hulle dit?

God eis vertroue en geloof van sy volk en kerk! Die opmerking: Hoe kan God dit toelaat en selfs: Waar is God? Dit is mos nie vreemd nie. Die talle vrae in ons eie gemoed maak die woorde van die HERE vir ons so aktueel: “Ek het jou getoets in die smeltkroes van ellende”.

Sien ons, verstaan ons die HERE se beskikking? Nog groter ellende het ons Here Jesus ter wille van ons oorval – die vloekdood van die kruis; Godverlatenheid, die verseëlde graf. In sy oorwinning bemoedig en troos Hy ons deur sy ontferming en versekering dat Hy met ons is tot aan die voleinding van die mensegeskiedenis.

Is dit jou geloofsoortuiging?

Video Opname:

September 14, 2025

n

Ander Preke:

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?