Christus se heerlikheid vul dissipels se leemte met geloof.

Preekskets:

Uit Johannes 1 het ons gesien hoe dissipelskap van Christus wel behels om sy volgeling te wees, maar in besonder ook om vir ander te sê: “Kyk, daar is die Lam van God.” Dit is sodat hulle wat na Hom toe kom, deur Homself aangeraak kan word om sy volgelinge te word.

Dit geld vir die ouers wat kinders laat doop in die Naam van God Drie-enig, sowel as ouderlinge wat bevestig word om ’n gemeente te lei volgens die Woord van God.

Alles gaan daaroor om getuies te wees wat die pad na Jesus wys. In elke geval is dit Hy wat diegene wat na Hom toe kom, sy volgelinge maak.

In Johannes 2 sien ons die “HOE”. Jesus openbaar sy heerlikheid aan hulle wat Hom volg, sodat hulle kan glo.

Deur simboliek – die verandering van water in wyn – wys Jesus hoe dit slegs Hy is wat die leemte van uiterlike regverdiging/reiniging kan vul met sy heerlikheid wat Hy aan ons openbaar. Ons leemte word gevul met geloof in Hom. So druk die teks dit ook uit: “11Dit het Jesus by Kana in Galilea gedoen, die begin van sy tekens. Hy het sy heerlikheid geopenbaar en sy dissipels het in Hom geglo.

Om dit dan saam te vat… Dissipels van Jesus wys vir ander die pad na Jesus, en Hy openbaar sy heerlikheid aan hulle wat kom, sodat hulle in Hom kan glo, en sy dissipels kan wees.

Video Opname:

Oktober 12, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.