Christus se heerlikheid vul dissipels se leemte met geloof.

Preekskets:

Uit Johannes 1 het ons gesien hoe dissipelskap van Christus wel behels om sy volgeling te wees, maar in besonder ook om vir ander te sê: “Kyk, daar is die Lam van God.” Dit is sodat hulle wat na Hom toe kom, deur Homself aangeraak kan word om sy volgelinge te word.

Dit geld vir die ouers wat kinders laat doop in die Naam van God Drie-enig, sowel as ouderlinge wat bevestig word om ’n gemeente te lei volgens die Woord van God.

Alles gaan daaroor om getuies te wees wat die pad na Jesus wys. In elke geval is dit Hy wat diegene wat na Hom toe kom, sy volgelinge maak.

In Johannes 2 sien ons die “HOE”. Jesus openbaar sy heerlikheid aan hulle wat Hom volg, sodat hulle kan glo.

Deur simboliek – die verandering van water in wyn – wys Jesus hoe dit slegs Hy is wat die leemte van uiterlike regverdiging/reiniging kan vul met sy heerlikheid wat Hy aan ons openbaar. Ons leemte word gevul met geloof in Hom. So druk die teks dit ook uit: “11Dit het Jesus by Kana in Galilea gedoen, die begin van sy tekens. Hy het sy heerlikheid geopenbaar en sy dissipels het in Hom geglo.

Om dit dan saam te vat… Dissipels van Jesus wys vir ander die pad na Jesus, en Hy openbaar sy heerlikheid aan hulle wat kom, sodat hulle in Hom kan glo, en sy dissipels kan wees.

Video Opname:

Oktober 12, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.