God se plan en sy evangelie is onstuitbaar, en gaan ongehinderd voort.

Preekskets:

So bereik ons in hierdie laaste twee hoofstukke die slot van Handelinge. Daar is soveel wat gebeur, en soveel afsonderlike aspekte om op te fokus. ʼn Storm… Skipbreuk… gestrand op ʼn eiland… ʼn slangbyt…

Maar wanneer ons na hierdie twee hoofstukke as ʼn geheel kyk, sien ons dat Lukas vir ons in Handelinge 27 en 28 wys hoe storms, skipbreuk en selfs ’n slangbyt Paulus se pad kruis, maar nooit God se plan stuit nie.

God se beloftes hou stand in die storm; Hy red deur sy voorsienigheid in omstandighede; Hy gebruik selfs rampe vir sy sending; en uiteindelik bereik die evangelie Rome, al was dit nie heeltemal soos “mens” sou verwag nie.

So hoor ons vandag: God se plan en sy evangelie is onstuitbaar, en gaan ongehinderd voort.

Video Opname:

September 21, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.