Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Preekskets:

Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)

God self kloof die see oop. Waar daar geen pad was nie, maak Hy een. Vir Egipte bring die water oordeel, maar vir Israel bring dit voordeel (lewe). Só wys God dat redding alleen sý werk is — nie deur menslike krag of verdienste nie, maar deur sý genade en mag.

Hierdie gebeurtenis wys vooruit na Christus. Hy het vir ons deur die water van oordeel gegaan — deur sy kruis en dood — sodat ons vrygemaak kan word om in ’n nuwe lewe te wandel. Hy het vir ons ’n pad gemaak waar daar nie een was nie.

Die Nagmaal herinner ons aan dieselfde waarheid: die Here het vir ons gestry, en Hy het oorwin. Ons hoef nie te vrees nie, maar kan in geloof rus terwyl ons op Hom vertrou.

Die Here self sal vir julle veg. Julle moet net stil bly.” (v.14)

Video Opname:

November 9, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.