Nie “amper” nie, maar volkome! Christus roep ons tot geloof en ’n nuwe gehoorsaamheid.

Preekskets:

Koning Agrippa hoor die Evangelie wat Paulus verkondig en sê: Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou ’n Christen maak. Daardeur sê hy as’t ware… “Amper kry jy dit reg Paulus…”.

Maar “amper” is nie genoeg nie. ’n Halfhartige geloof is geen geloof nie. Paulus verkondig dat mense hulle tot God moet bekeer, en dat dit sigbaar moet wees in dade wat by bekering pas. (v.20)

Paulus, self in kettings, getuig dat ware vryheid net deur geloof in Christus is. Hy bid dat almal volkome sal word wat hy is – deur geloof, vry in Christus – deel van die volk van God. Om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges… en dit moet sigbaar wees.

Ná Nagmaal herinner hierdie teks ons: Christus het Homself volkome vir ons gegee. Nie amper nie, maar heeltemal… Daarom roep Hy ons om volkome aan Hom te behoort – in geloof, en ’n nuwe gehoorsaamheid.

Video Opname:

September 7, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.