Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

Preekskets:

In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.

Die manna was baie meer as brood — dit was ’n les in geloof. Elkeen moes net genoeg vir die dag optel; die res het weggesmelt, en dit wat te veel bymekaargemaak was, het teen doe volgende dag gevrot. So leer God sy volk, en ook ons, om Hom daagliks te vertrou. Die manna het na Christus gewys, die ware Brood wat uit die hemel neergedaal het (Joh. 6:35). In Hom vind ons vervulling en rus vir ons siele.

Soos die Heidelbergse Kategismus sê (Sondag 50): God leer ons om te erken dat Hy alleen die bron van alle goed is, en dat ons ons vertroue van alle skepsels moet aftrek en dit op Hom alleen stel.

Wanneer ons by die Nagmaalstafel sit, hoor ons dieselfde uitnodiging: Kom, eet van die Brood van die lewe. Vertrou Hom — Hy is genoeg.

Video Opname:

November 16, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.