’n Skoon gewete voor God, geanker in die hoop van die opstanding.

Preekskets:

Te midde van vals beskuldigings en dreigende (wêreldse) oordeel, bely Paulus sy hoop op die opstanding. Daarom kan hy met ʼn skoon gewete voor God leef. Feliks, wat Paulus met vleitaal probeer uitlok, sidder in die besef van God se komende oordeel, maar hy stel uit.

So herinner die Nagmaal ons: Christus reinig my deur sy bloed, sodat ek vandag met ’n skoon gewete en vrymoedigheid kan kom aansit.

Nie uitstel nie, maar hoop op die opstanding, en geloof, is wat my red.

Video Opname:

Augustus 31, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.