Christus roep, ken en gebruik sy ampsdraers.

Preekskets:

By ’n bevestigingsdiens kyk ons nie na mense se bekwaamheid nie, maar na Christus wat roep en toerus. Johannes 1:43–51 wys hoe Jesus dissipels roep – en dit leer ons ’n paar beginsels vir die bediening van ouderlinge en diakens.

In die eerste plek is dit Christus wat roep:

Jesus vind Filippus en sê: “Volg My.” Roeping begin by Christus, nie by mense nie. Filippus, wat self geroep is, wys Natanael na Jesus toe en sê: “Kom kyk.” Net so word ampsdraers deur Christus self geroep, al doen Hy dit deur die stemme van mense.

Tweedens “ken” Christus sy ampsdraers:

Jesus ken Natanael se hart: “Kyk, hy is waarlik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Christus sien verder as mense. Hy roep nie op grond van uiterlike vermoëns nie, maar Hy self rus toe en maak bekwaam.

Derdens gebruik Christus sy ampsdraers:

Jesus beloof groter dinge: “Julle sal die hemel oop sien en die engele van God wat opstyg en neerdaal op die Seun van die Mens.” Hy is die Middelaar tussen God en mens. Ampsdraers, soos engele, dien nie t.w.v. hulleself nie, maar wys mense na Christus, die enigste ware Koning toe.

Ouderlinge en diakens, Christus roep, ken, en gebruik julle. Gemeente, luister na hulle wanneer hulle hul opdrag uitvoer en sê: “Kom kyk!”, en siendan virChristus na wie hulle wys.

Video Opname:

Oktober 5, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.