By die HERE skuil ek

Preekskets:

Krisistye, lewensbedreigende tye – Dawid soek leiding by sy raadgewers.

Hulle bedien hom met advies in ‘n wêreld wat besoedel is met regsverkragting.

Wat kan die koning doen? Wat kan ons in so ‘n wêreld van onreg, omkopery, korrupsie en goddeloosheid doen?

Die advies: “Vlug na die berge toe.”

Dawid stel egter onomwonde: “Ek skuil by die HERE … Want regverdig is die HERE, Hy het geregtigheid lief, opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar”. Dit is die antwoord vir elke gelowige. “Wie toevlug neem in veil’ge hut en skuil by die Alhoë …”

Video Opname:

Oktober 19, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.