JESUS CHRISTUS WERK IN SY KERK EN HARTE VAN MENSE – NIE OM TE ONTSNAP NIE, WEL OM TE DIEN

Preekskets:

Die boek Handelinge word in die Bybel aangedui as “Die Handelinge van die apostels”. In werklikheid verduidelik Lukas dat hy nou ‘n vervolg skryf op die evangelie. Hy wil vertel wat die Here Jesus sedert sy hemelvaart gedoen het. Dit gaan dus ten diepste oor die handelinge van Jesus Christus ondermeer deur sy apostels.

Treffend word dit verwoord in ons gelese Skrifdeel. Te midde van ‘n vyandige stryd van die wêreld teen die kerk, merk ons hoe Jesus as Koning aan die regterhand van God, alles beheer. Die mag van die Bose is verward, terwyl die diensknegte van die Here op hulle pos staan en hulle roeping met eer uitleef.

Dit is hierdie waarheid en versekering wat so dringend nodig is in hierdie eeu. Die Here het ons uit die gevangenis van sonde uitgelei, nie om van alles te ontsnap nie, wel om ons roeping, met sy woord in ons hart, uit te leef. Hoe? Ek moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense! Daartoe gee die Heilige Gees ons die krag.

Video Opname:

November 2, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.