Hoekom is dit belangrik om vergewing vir jou sondes te ontvang…? Vir iemand wat nie ’n besef van sonde het nie, is hierdie vraag totaal irrelevant. Want, wat sal ’n ongelowige of ateïs enigsins laat dink aan die nagevolge van sonde as hulle nie glo dat daar so iets soos ’n God is wat sonde straf nie?
Oggenddiens
Dringende roep tot bekering
Ons kom in die boek Jona te staan voor ons rentmeesterskap in diens van die HERE. Die HERE gebruik mense om sy koninkryk te bou.
God se visie is ons missie.
Verlede Sondag het ons geleer om die regte vraag te vra… “Wat sal Jesus doen?” Die antwoord op daardie vraag is… kyk na die voorbeeld wat Christus vir ons gestel het, en maak dit van toepassing op jou lewe vandag… en Bid! Bid dat die Here vir jou sal wys wat jy in jou omstandighede moet doen.
Wat sal Jesus doen?
Gesels maar met iemand wat deur moeilike omstandighede gaan. Almal ervaar dit nie dieselfde nie, maar dikwels hoor mens vrae soos: “wie se skuld is dit?” of “wat het ek gedoen om dit te verdien?” “Hoekom gebeur hierdie tipe dinge?”
Die Here bepaal die pad. Ons moet dit in gehoorsaamheid stap.
Die Here het vir Saulus uitgekies om onder die Heidene die evangelie te gaan verkondig. Dit was die Here se plan. Saulus het egter met sy eie plan begin werk. So edel as wat sy plan was, was dit nie wat die Here se bedoeling was nie. Daarom, deur die verloop van tyd, lei die Here hom op die regte pad.
Die evangelie van Jesus Christus verander lewens.
Filippus sit sy reis en bediening voort. Hy ontmoet ’n Ethiopiër wat besig is om te lees uit die profeet Jesaja, en dan verklaar hy die woorde vir hom in die Lig van Christus.
God breek grense, deur die verkondiging van die evangelie.
Ons sien in hierdie gedeelte ’n soortgelyke uitdaging as wat onsself ook in vandag se dae teëkom. Die verkondiging van die evangelie kom te staan teen wêreldse vermaak. In hierdie geval, teen ’n towenaar genaamd Simon.
Bewaar jou kind se kosbare identiteit
Die POPIA wetgewing laat my baie dink aan die opdrag van die HERE (Verbondsgod) aan ouers. Hy vertrou sy kinders aan ouers toe. Die kindjie wat ouers ontvang, is God se kind. God eis dat ons sy kindjie vir Hom sal behou, bewaar en beskerm. Geen kindjie van die HERE mag verlore gaan nie. Die ouer wat hieroor onverskillig staan, bring God se toorn oor hom.
Jesus Christus, die Slaaf, maak ons verloste konings
Die tyd is die aand voor die pasga, die fees wat in Christus sy vervulling vind. Jesus en al twaalf dissipels sit aan tafel. Nadat Hy in ‘n kort gesprek met hulle gehad het, het Hy as Gasheer begin om sy dissipels se voete te was.
Bedreiging of geleentheid? God se Woord bly sentraal.
Soms bereik ons in die kerk van die Here tye van uitdaging of bedreiging. Dit is nie vir ons vreemd nie, want ons weet die Here Jesus het sy dissipels hierop voorberei.
Daar is baie planne in ‘n mens se hart, maar die raad van die Here – dít kom tot stand.
Vanmôre gaan ons voort met Handelinge, en nou begin ons algaande meer sien hoe vervolging in die kerk van die Here toeneem. Vervolging is wel nie ’n teken van “misdrywe” nie. In teëspoed en in voorspoed bly die maatstaf dieselfde. Ons toets ons “handelinge / goeie werke” aan die wil van die Here. Dra ons “goeie vrugte”? Dra ons enigsins vrugte?
Gelowiges (kerk) mag nie hulle/haar roeping versaak nie
Gelowige en kerk kan onderskei word, maar nie geskei nie. Met “kerk” word beide betrek. Ons fokus dieper op die kerk se roeping en taak in die wêreld. Hoe jammer is dit nie wanneer die kerk sy oë sluit vir diegene wat nie inpas in sy politieke godsdiens nie.