EK IS (is) die brood van die lewe

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Johannes 6:22-59
Fokusverse: Johannes 6:33,35

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 146:5,6; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Afkondiging van die Wet – Eksodus 20:1-17; Verootmoedigingslied: Psalm 32:1,3

Woorddiens
Gebed; Psalm 104:1,8,9; Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Skrifberyming 10-1:1,2,3,4; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Die groot vraag wat ons aanspreek uit die Johannes evangelie is:

WIE IS JESUS CHRISTUS VIR JOU?

Onthou, die sentrale boodskap van die evangelie van Johannes is: “Ons het die Messias gevind – dit is, as dit vertaal word, die Christus”.

Die kring loop van die dissipels van Johannes die Doper na Jesus Christus se dissipels, na Nikodemus, die Fariseër, na die Samaritaanse vrou en die inwoners van Samaria en na die Jode.

Die Here maak gebruik van alledaagse beelde om ook die Jode te lei tot die vreugde om te kan uitroep: “Ons het die Messias gevind”.

Johannes vertel van sewe wonders wat die Jesus gedoen het en sewe uitsprake wat ons ken as “EK IS” uitsprake. Vandag let ons op die eerste, naamlik “Ek is die brood van die lewe”.

Met die uitspraak sê die Here reguit Wie Hy is – “Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld lewe gee.” en “As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”

Vooraf het die Here ‘n teken gedoen. Hy het brood vermeerder en ‘n skare mense daarmee gevoed. Met die nagmaal deel ons in die tekens van brood en wyn, liggaam en bloed van die Here. Kyk met geloofsoë daarna en gebruik dit met die versekering: “Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag”.

Video Opname:

Augustus 23, 2026

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.