EK IS (is) die brood van die lewe

Skrifgedeelte:

Skrifgedeelte: Johannes 6:22-59
Fokusverse: Johannes 6:33,35

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 146:5,6; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Afkondiging van die Wet – Eksodus 20:1-17; Verootmoedigingslied: Psalm 32:1,3

Woorddiens
Gebed; Psalm 104:1,8,9; Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Skrifberyming 10-1:1,2,3,4; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

Die groot vraag wat ons aanspreek uit die Johannes evangelie is:

WIE IS JESUS CHRISTUS VIR JOU?

Onthou, die sentrale boodskap van die evangelie van Johannes is: “Ons het die Messias gevind – dit is, as dit vertaal word, die Christus”.

Die kring loop van die dissipels van Johannes die Doper na Jesus Christus se dissipels, na Nikodemus, die Fariseër, na die Samaritaanse vrou en die inwoners van Samaria en na die Jode.

Die Here maak gebruik van alledaagse beelde om ook die Jode te lei tot die vreugde om te kan uitroep: “Ons het die Messias gevind”.

Johannes vertel van sewe wonders wat die Jesus gedoen het en sewe uitsprake wat ons ken as “EK IS” uitsprake. Vandag let ons op die eerste, naamlik “Ek is die brood van die lewe”.

Met die uitspraak sê die Here reguit Wie Hy is – “Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld lewe gee.” en “As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”

Vooraf het die Here ‘n teken gedoen. Hy het brood vermeerder en ‘n skare mense daarmee gevoed. Met die nagmaal deel ons in die tekens van brood en wyn, liggaam en bloed van die Here. Kyk met geloofsoë daarna en gebruik dit met die versekering: “Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag”.

Video Opname:

Augustus 23, 2026

n

Ander Preke:

God red elkeen wat Christus in geloof aanroep.

God red elkeen wat Christus in geloof aanroep.

Hierdie week beweeg Paulus verder. In Romeine 10:5-21 verduidelik hy hoe ’n mens God se geregtigheid ontvang: nie deur op jou eie prestasies te vertrou nie, maar deur met jou hart in Christus te glo, Hom as Here te bely en sy Naam aan te roep.

EK IS DIE DEUR TOT BEWARING EN REDDING

EK IS DIE DEUR TOT BEWARING EN REDDING

Hoe kosbaar is verhoudinge as dit lewend en kragtig is! Met hierdie tweede “EK IS” uitspraak leer ons die Here ken as die Enigste wat waarlik, die deur vir sy kudde is. Deur Hom gaan die kudde in, om Hom as die beloofde Messias, die Christus te ontmoet.