Nagmaal

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)

Die leer van die Here roep tot geloof.

Die trant van hierdie Skrifgedeelte voel swaar, want dit lyk of dit fokus op vermaning en tug. Paulus vermaan tog duidelik vir Elimas die towenaar, en die Here se tug (wat by monde van Paulus uitgespreek word) word op ’n fisiese manier aan hom gemanifesteer.

God het Homself in die plek van mense gegee.

Dit is waaraan die simboliek in die Nagmaal ons herinner. Dat Christus as mens werklik liggaamlik betaal het vir die sondes van die mens toe sy liggaam aan die kruis gebreek, en sy bloed vergiet was. Maar as God het Hy die soewereine mag gehad om terselfdertyd die toorn van God te kan dra, en oorwin.