Romeine 8 begin met die evangelie: “Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie.” Dit is God wat deur Christus gedoen het, wat ons nie kon doen nie. Daarom staan ons vrede met God nie op ons eie gehoorsaamheid nie, maar op Christus.
Nagmaal
God openbaar sy geregtigheid in Christus, deur sondaars op grond van geloof alleen regverdig te verklaar.
Romeine 3 bring Paulus se “groot aanklag” teen die mensdom tot ’n hoogtepunt, maar verkondig ook die heerlike antwoord van die evangelie. Die wet openbaar dat die hele wêreld skuldig staan voor God en dat niemand deur eie gehoorsaamheid geregverdig kan word nie. “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.”
Jesus leef die voorbeeld, ons moet ook so doen – mekaar se voete was
Dit gebeur alles met “die Fees van die Pasga” (13:1). Tydens hierdie ete het ons Here die nagmaal ingestel. Hy preek met dade en woorde, duidelik en ontmaskerend. Wat doen Hy?
Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.
In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.
’n Skoon gewete voor God, geanker in die hoop van die opstanding.
Te midde van vals beskuldigings en dreigende (wêreldse) oordeel, bely Paulus sy hoop op die opstanding.
God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.
In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.
ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!
Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)
Kerssangdiens 2024
Nagmaalsete en Kerssangdiens 2024
Die leer van die Here roep tot geloof.
Die trant van hierdie Skrifgedeelte voel swaar, want dit lyk of dit fokus op vermaning en tug. Paulus vermaan tog duidelik vir Elimas die towenaar, en die Here se tug (wat by monde van Paulus uitgespreek word) word op ’n fisiese manier aan hom gemanifesteer.
Bekeer jou en draai terug, sodat jou sondes uitgewis kan word en jy van die Here self, tye van verkwikking kan ontvang.
Uit Handelinge 1 en 2 het ons reeds die belangrikheid van die verkondiging van Christus geleer. Dit is nie iets wat nou gaan afneem nie, maar net meer en meer sal toeneem soos die eerste gemeente groei in liefde, geloof en dade. Dit is soos die stroom water wat uit die tempel vloei waarvan Esegiël geprofeteer het. Orals waar dit vloei, bring dit lewe!
God het Homself in die plek van mense gegee.
Dit is waaraan die simboliek in die Nagmaal ons herinner. Dat Christus as mens werklik liggaamlik betaal het vir die sondes van die mens toe sy liggaam aan die kruis gebreek, en sy bloed vergiet was. Maar as God het Hy die soewereine mag gehad om terselfdertyd die toorn van God te kan dra, en oorwin.
In die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig, vervul deur die Gees!
Wat is ’n lewe in die Lig? Om te lewe in die Lig, is om te lewe in “alle goedheid en geregtigheid en waarheid”…