Skrifgedeelte:
Johannes 13:1-20
Fokusverse: Johannes 13:2,4,14,15
Preekskets:
Dit gebeur alles met “die Fees van die Pasga” (13:1). Tydens hierdie ete het ons Here die nagmaal ingestel. Hy preek met dade en woorde, duidelik en ontmaskerend. Wat doen Hy?
- Hy praat met sy voorbeeld deur die geringste van slawe te word (13:4,5);
- Hy was Petrus en Judas Iskariot se voete (13:2,5-11);
- Jesus praat as Here en Leermeester wat Hy is (13:14) en doen Hy ‘n beroep, ‘n appèl op hulle – so behoort julle aan mekaar te doen.
Wat sê die Here vir ons?
Met die viering van nagmaal sny die betekenis diep in ons harte. Vir ons het die Here nog meer gedoen as net voetewas. Met sy kruisdood het sy liggaam en bloed die skottel met water geword waardeur ons geheel en al van sonde skoongewas is – vir ewig!
Nou moet ons Jesus se voorbeeld volg teenoor almal sonder voorbehoud, vriend en vyand, verraaier en verloëner deur letterlik slaaf, dienskneg vir ‘n ander te word.
