God het Homself in die plek van mense gegee.

Preekskets:

Ons het tot dusvêr uit die Kategismus ’n deeglike verstaan ontwikkel van ons ellende en noodsaak van verlossing. Al wat ons kan verlos is Christus in sy volheid. Ten volle mens, en ook ten volle God.

Dit is waaraan die simboliek in die Nagmaal ons herinner. Dat Christus as mens werklik liggaamlik betaal het vir die sondes van die mens toe sy liggaam aan die kruis gebreek, en sy bloed vergiet was. Maar as God het Hy die soewereine mag gehad om terselfdertyd die toorn van God te kan dra, en oorwin.

Christus is nie net ’n besonderse “mens” nie. Hy is God, wat Homself na die mens toe neergebuig het en met ons bemoeienis gemaak het, sodat ons weer in sy heilige teenwoordigheid kan wees. Nie meer van Hom vervreem nie, maar nou met Hom versoen. Dink daaraan wanneer jy die brood sien wat gebreek word soos sy liggaam gebreek was, en die wyn vergiet word soos sy bloed vergiet was.

“God het Homself in die plek van mense gegee.”

Video Opname:

Augustus 27, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?