Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

Preekskets:

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

Tog antwoord die Here nie met oordeel nie, maar weereens met genade. Hy beveel Moses om die “staf van oordeel” te neem — dieselfde staf waarmee hy die Nyl geslaan het. God sê: “Kyk, Ek sal daar voor jou staan op die rots by Horeb.” Wanneer Moses dan slaan, tref die staf simbolies vir God self.

Hier lê die evangelie verkondiging: die rots was Christus (1 Kor. 10:4). Die water wat uitvloei, is ’n beeld van die lewe en die Gees wat Christus vir ’n dors volk bring. Die plek van twis word die plek van voorsiening.

So herinner die Nagmaal ons dat Christus, die geslane Rots, vir ons gebreek is. Die brood en die beker versterk ons geloof en verseker ons dat Hy werklik vir ons gesterf het, sodat ons mag lewe. Aan die tafel hoor ons God se antwoord op ons grootste vraag: Ja, Ek is by jou.”

Video Opname:

November 23, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.