Preekskets:
In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.
Die teendeel van beskerming, is natuurlik om toe te laat dat iemand leed aangedoen word. Dit is wat ons in herinnering bring wanneer ons die heilige Nagmaal vier. Dat God sy Seun in ons plek oorgegee het om vervolg te word.
In beide gevalle, beskerming teen gevaar sowel as oorweldiging deur gevaar, is God in sy almag teenwoordig.
Soms gryp God direk in ons omstandighede in en gee vir ons die uitkoms wat ons vra. Ander kere kom die uitkoms wat ons vra nie op die manier wat ons dit wil hê nie… en juis dan moet ons besef dat God steeds in beheer is. Dalk is die doel van daardie situasie om iets anders mee te bring.
In ieder geval dien dit die evangelie… of die Weg soos Handelinge 19 dit beskryf. Paulus was beskerm teen gevaar sodat hy die evangelie verder kon uitdra. Christus daarenteen, was oorgelewer sodat Hy die evangelie kan wees.