ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Preekskets:

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde
wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag:
“Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)
Dit klink heel eenvoudig, maar hoe doen jy dit regtig? Waaraan dink wanneer as jy
Jesus in herinnering bring? Waaraan dink jy wanneer jy die teken van die brood sien
en dit eet? Waaraan dink jy wanneer jy die teken van die wyn sien en dit drink? Hoe
“verkondig” jy Jesus se dood totdat Hy weer kom?
Waarmee moet my gedagtes gevul wees?
Paulus sê: “die wesenlike wat ek ontvang en ook aan julle oorgelewer het, is: Christus
het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4Hy is begrawe en op die derde dag
opgewek, volgens die Skrifte…”
Waaraan ek moet dink is: Ek sit nie vandag aan hierdie tafel omdat ek dit verdien nie,
maar omdat ek onthou Wie dit in my plek verdien het. Christus het in my plek gesterf,
Hy was in my plek begrawe, en is ter wille van my opgewek… sodat ek vandag hier in
die teenwoordigheid van God kan wees.

Video Opname:

Februarie 23, 2025

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….