Die leer van die Here roep tot geloof.

Preekskets:

Die trant van hierdie Skrifgedeelte voel swaar, want dit lyk of dit fokus op vermaning en tug.

Paulus vermaan tog duidelik vir Elimas die towenaar, en die Here se tug (wat by monde van Paulus uitgespreek word) word op ’n fisiese manier aan hom gemanifesteer. Onthou maar hoe was Paulus self van te vore met blindheid getref toe die Here Jesus Homself aan hom geopenbaar het op die pad na Damaskus.

Daar was Paulus se “geestelike blindheid”, wat deur die openbaring van die Here verwyder was, uitgebeeld deur skille wat van sy oë afgeval het. In beide gevalle was geestelike blindheid deur fisiese blindheid uitgebeeld. In Paulus se geval het die Woord van die Here sy blindheid verwyder, maar in Elimas se geval het die Woord van die Here sy blindheid gebring.

Dit is hoe die sleutels van die koninkryk van God werk. Dieselfde Woord het mag om oop of toe te sluit.

In die geval van die prokonsul was hy nie eers die een wat vermaan of getug was nie, maar die “proses” het as getuienis van die mag van die leer van die Here gedien. Hy kom tot geloof!

Video Opname:

November 24, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….