Die leer van die Here roep tot geloof.

Preekskets:

Die trant van hierdie Skrifgedeelte voel swaar, want dit lyk of dit fokus op vermaning en tug.

Paulus vermaan tog duidelik vir Elimas die towenaar, en die Here se tug (wat by monde van Paulus uitgespreek word) word op ’n fisiese manier aan hom gemanifesteer. Onthou maar hoe was Paulus self van te vore met blindheid getref toe die Here Jesus Homself aan hom geopenbaar het op die pad na Damaskus.

Daar was Paulus se “geestelike blindheid”, wat deur die openbaring van die Here verwyder was, uitgebeeld deur skille wat van sy oë afgeval het. In beide gevalle was geestelike blindheid deur fisiese blindheid uitgebeeld. In Paulus se geval het die Woord van die Here sy blindheid verwyder, maar in Elimas se geval het die Woord van die Here sy blindheid gebring.

Dit is hoe die sleutels van die koninkryk van God werk. Dieselfde Woord het mag om oop of toe te sluit.

In die geval van die prokonsul was hy nie eers die een wat vermaan of getug was nie, maar die “proses” het as getuienis van die mag van die leer van die Here gedien. Hy kom tot geloof!

Video Opname:

November 24, 2024

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.