Bekeer jou en draai terug, sodat jou sondes uitgewis kan word en jy van die Here self, tye van verkwikking kan ontvang.

Preekskets:

Uit Handelinge 1 en 2 het ons reeds die belangrikheid van die verkondiging van Christus geleer. Dit is nie iets wat nou gaan afneem nie, maar net meer en meer sal toeneem soos die eerste gemeente groei in liefde, geloof en dade. Dit is soos die stroom water wat uit die tempel vloei waarvan Esegiël geprofeteer het. Orals waar dit vloei, bring dit lewe!

Wanneer ons vandag aansit aan die tafel van die Here om die Heilige Nagmaal te vier, doen ons dit met hierdie selfde besef. Dat die Here vir ons tasbare en sigbare tekens gee om Hom mee te kan onthou. Verder is die Nagmaal ook vir ons die seël as versekering/waarborg dat God ons beslis na liggaam, siel en gees wil verkwik, net soos die brood en wyn dit uitbeeld.

Dit is tot opbou en versterking van ons geloof. Net soos ons hier in Handelinge 3 sien dat dit suiwer op grond van geloof in Jesus Christus was, dat daardie man “verkwikking” en daarom genesing in Christus kon vind.

Kom na die tafel van die Here en kom vind jou verkwikking in Hom.

Video Opname:

Februarie 25, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.