Preke

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?

Geloof in Jesus Christus is jou enigste weg tot verlossing.

Vandag lees ons van ’n waarsêer-gees in ’n slavin wat uitroep dat Paulus-hulle die weg tot verlossing verkondig. Dit klink op sigself nie verkeerd nie, maar wat vreemd voel, is dat Paulus die gees gebied om uit die vrou te gaan. Dis tog nie asof die gees ’n vreemde leer gebring het nie….

Die Here open harte tot geloof.

Deur die hart van ’n enkele gelowige eers daarvoor oop te maak. Kyk wat was die gevolg…. Lidia se hele huishouding word gedoop, en so deel gemaak van die huishouding van God.

Jesus Christus se onmenslike lyding in ons plek

Ons bely in die Heidelbergse Kategismus Sondag 15: “Dat Christus na liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan, die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het…” Lukas trek die gordyn vir ons oop oor een van die aspekte van sy vernederende liggaamlike lyde in ons plek.

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)