Ds. Tinus Smidt

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?

Jesus Christus se onmenslike lyding in ons plek

Ons bely in die Heidelbergse Kategismus Sondag 15: “Dat Christus na liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan, die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het…” Lukas trek die gordyn vir ons oop oor een van die aspekte van sy vernederende liggaamlike lyde in ons plek.

Hou “goeie” moed – Jesus se toekomsopdrag vir jou en my!

Ons het die jaar 2025 betree. Watter lotgevalle wag op ons? Dit is onbekend. Jesus se dissipels het voor ‘n onbekende tyd te staan gekom. Dit was die vooraand van Jesus se vervolging, tog was hulle in die bokamer waar Jesus die nagmaal ingestel het.

Dringende roep tot bekering

Ons kom in die boek Jona te staan voor ons rentmeesterskap in diens van die HERE. Die HERE gebruik mense om sy koninkryk te bou.

Bewaar jou kind se kosbare identiteit

Die POPIA wetgewing laat my baie dink aan die opdrag van die HERE (Verbondsgod) aan ouers. Hy vertrou sy kinders aan ouers toe. Die kindjie wat ouers ontvang, is God se kind. God eis dat ons sy kindjie vir Hom sal behou, bewaar en beskerm. Geen kindjie van die HERE mag verlore gaan nie. Die ouer wat hieroor onverskillig staan, bring God se toorn oor hom.

Jesus Christus, die Slaaf, maak ons verloste konings

Die tyd is die aand voor die pasga, die fees wat in Christus sy vervulling vind. Jesus en al twaalf dissipels sit aan tafel. Nadat Hy in ‘n kort gesprek met hulle gehad het, het Hy as Gasheer begin om sy dissipels se voete te was.

Gelowiges (kerk) mag nie hulle/haar roeping versaak nie

Gelowige en kerk kan onderskei word, maar nie geskei nie. Met “kerk” word beide betrek. Ons fokus dieper op die kerk se roeping en taak in die wêreld. Hoe jammer is dit nie wanneer die kerk sy oë sluit vir diegene wat nie inpas in sy politieke godsdiens nie.