Gelowiges (kerk) mag nie hulle/haar roeping versaak nie

Preekskets:

Gelowige en kerk kan onderskei word, maar nie geskei nie. Met “kerk” word beide betrek.

Ons fokus dieper op die kerk se roeping en taak in die wêreld:

  • Ons leef in God se wêreld en Hy gebruik elkeen van ons
    • Waar moet ons dan wees?
    • Hoe eer ons God?
    • Is ons oë oop vir die wêreld se nood, pyn en soeke?
  • Die wêreld soos uitgebeeld in die kaptein en matrose is in ongekende nood
    • Hulle gaan na God se profeet
    • Hulle het empatie met hom
    • Hulle doen alles menslik moontlik om sy lewe te spaar en te behou

Hoe jammer is dit nie wanneer die kerk sy oë sluit vir diegene wat nie inpas in sy politieke godsdiens nie.

Hierdie jammerlike roepingsversaking deur Jona, kan God se werk nie keer nie. Die manne op die skip kom tot bekering. So is die korrektief hierop, Paulus wat in soortgelyke omstandighede by die kaptein en bemanning op die dek is. Hy bid en kalmeer en verkondig God se grootheid. Hy wys op God wat betrokke is by sy skepping.  Hy gee uitkoms, verlos en red.

Video Opname:

Augustus 4, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.