Gelowiges (kerk) mag nie hulle/haar roeping versaak nie

Preekskets:

Gelowige en kerk kan onderskei word, maar nie geskei nie. Met “kerk” word beide betrek.

Ons fokus dieper op die kerk se roeping en taak in die wêreld:

  • Ons leef in God se wêreld en Hy gebruik elkeen van ons
    • Waar moet ons dan wees?
    • Hoe eer ons God?
    • Is ons oë oop vir die wêreld se nood, pyn en soeke?
  • Die wêreld soos uitgebeeld in die kaptein en matrose is in ongekende nood
    • Hulle gaan na God se profeet
    • Hulle het empatie met hom
    • Hulle doen alles menslik moontlik om sy lewe te spaar en te behou

Hoe jammer is dit nie wanneer die kerk sy oë sluit vir diegene wat nie inpas in sy politieke godsdiens nie.

Hierdie jammerlike roepingsversaking deur Jona, kan God se werk nie keer nie. Die manne op die skip kom tot bekering. So is die korrektief hierop, Paulus wat in soortgelyke omstandighede by die kaptein en bemanning op die dek is. Hy bid en kalmeer en verkondig God se grootheid. Hy wys op God wat betrokke is by sy skepping.  Hy gee uitkoms, verlos en red.

Video Opname:

Augustus 4, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?