Bewaar jou kind se kosbare identiteit

Preekskets:

Die wet op die beskerming van persoonlike identiteit en inligting (POPIA) is die owerheid se poging om elke mens veilig te hou en te beskerm.

Die wetgewing laat my baie dink aan die opdrag van die HERE (Verbondsgod) aan ouers. Hy vertrou sy kinders aan ouers toe. Die kindjie wat ouers ontvang, is God se kind. God eis dat ons sy kindjie vir Hom sal behou, bewaar en beskerm. Geen kindjie van die HERE mag verlore gaan nie. Die ouer wat hieroor onverskillig staan, bring God se toorn oor hom.

Die hoe van behou, beskerm en bewaar, het die HERE in die mond van Moses gelê. Moses het dit aan die volk oorgedra. Die eenvoud van hierdie opdrag is opvallend. Die doel is ontsag vir God (6:2,13) in ‘n lewende verhouding met Hom.

Video Opname:

September 8, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?