Bewaar jou kind se kosbare identiteit

Preekskets:

Die wet op die beskerming van persoonlike identiteit en inligting (POPIA) is die owerheid se poging om elke mens veilig te hou en te beskerm.

Die wetgewing laat my baie dink aan die opdrag van die HERE (Verbondsgod) aan ouers. Hy vertrou sy kinders aan ouers toe. Die kindjie wat ouers ontvang, is God se kind. God eis dat ons sy kindjie vir Hom sal behou, bewaar en beskerm. Geen kindjie van die HERE mag verlore gaan nie. Die ouer wat hieroor onverskillig staan, bring God se toorn oor hom.

Die hoe van behou, beskerm en bewaar, het die HERE in die mond van Moses gelê. Moses het dit aan die volk oorgedra. Die eenvoud van hierdie opdrag is opvallend. Die doel is ontsag vir God (6:2,13) in ‘n lewende verhouding met Hom.

Video Opname:

September 8, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.